Rondte 1
Dinsdag, 23 Junie
Vanaf 13:00
Uitklop rondte
Woensdag, 24 Junie
Vanaf 07:00
Alhoewel die Villa Padel Toernooi reeds vol bespreek is, is Son-Safari gaste welkom om op enige ander tyd tussen 22 tot 27 Junie 2026 padel te speel.
Bespreek by Shandrani Sport & Leisure Centre / Gym: Klik hier
- Jy kan as individu of as ‘n span (twee spelers) inskryf. (Individue sal by ’n span ingedeel word.)
- Daar is net een Padel-toernooi. Mans, vrouens en gemengde spanne neem saam deel aan dieselfde kompetisie.
- Rondte 1 vind op 23 Junie plaas. Ná die eerste rondte gaan die wenners deur na die uitkloprondte (Bekerkompetisie) en die verloorders na die Plaatkompetisie. Albei vind plaas op 24 Junie.
- Elke span speel ten minste twee wedstryde. Die top 4 spanne in die Plaat en Bekerkompetisie sal drie of meer wedstryde speel.
- Daar sal ’n wenner vir beide die Plaat- en Bekerkompetisie aangekondig word.
- Die finale wedstrydloting en spanne sal op 17 Junie 2026 gekommunikeer word.
- Padel-rakette sal verskaf word.
- Die Villa Padel Toernooi is gratis vir Son-Safari gaste. Besprekings is nodig.
Wen:
Wen Villa geskenkbewyse! Hierdie geskenkbewys kan gebruik word by die Laeveld Agrochem agent in jou area.
Padel toernooi reëls:
- Die Padel-toernooi tellings werk op dieselfde formaat as tennis.
- Indien die telling 40 elk is, speel spanne ’n “Golden Point”. Daar is geen voordeel en nadeel punte nie. Dit beteken die span wat die volgende punt wen, wen die pot.
- Die eerste span wat 6 potte wen, wen die stel.
- Indien die telling 5 elk is, moet ’n span 7/5 wen.
- Indien die telling 6 elk is, word die wenner deur ‘n “tiebreaker” bepaal. Die eerste span wat 7 punte kry én met 2 punte voor is, wen die wedstryd.
- Die eerste punt wat gespeel word, bepaal wie volgende dien.
- Indien daar twyfel is of ’n bal in of uit is, word die punt weer gespeel.
- Die belangrikste: Geniet dit!
Vir alle Son-Safari gaste:
Son-Safari gaste kan vanaf 22 tot 27 Junie 2026 padel speel by die Shandrani oord.
Bespreek by Shandrani Sport & Leisure Centre / Gym: Klik hier