Kom leef jouself uit met ’n unieke gholfervaring by die internasionaal bekroonde Anahita Gholfklub. Hierdie 18-putjie-baan is volgens wêreldklas-standaarde gebou en spog met uitgestrekte skoonvelde langs die kuslyn, wat asemrowende uitsigte oor die kristalhelder turkoois strandmeer bied.

Die baan is in 2008 deur Ernie Els, ons eie voormalige wêreldnommer een ingewy en weerspieël sy wêreldwye ervaring, met ’n opwindende uitleg wat geskik is vir spelers van alle vaardigheidsvlakke.

Gratis vir Son-Safari-gaste. Beperkte plek beskikbaar.

Moontlik gemaak deur: ADAMA & Laeveld Agrochem

Vrydag, 26 Junie

07:30

Alhoewel die ADAMA Gholfdag reeds vol bespreek is, is Son-Safari gaste welkom om op enige ander tyd gholf te speel.

Bespreek by Shandrani ontvangs of Klik hier

Son-Safari gaste is welkom om Shandrani Beachcomber Sport & Leisure te kontak vir gholf besprekings by ‘n verskeidenheid gholfbane.