





Die vyfster Sugar Beach-vakansieoord in Mauritius word eksklusief gereserveer vir Son-Safari-gaste, en met ’n pakket wat alles insluit is daar geen verskuilde kostes nie.
BESPREKINGS OPEN BINNEKORT. Verdien solank punte >
Top sprekers en -maatskappye gaan sessies aanbied, met uitstallings oor die nuutste innovasies, hulpmiddels en toerusting in die industrie.
Maak gereed vir drie aande se puik produksies van: Classics, Country en Afrikaans is Groot musiekvertonings. Ook ander vermaak, bekendes en die beste motiveringsprekers – hierdie ’n spesiale week wat nie gemis moet word nie.
Ingesluit is vyf dae akkommodasie, konferensie en alle sprekers, etes en drankies (nie-premium), vermaak en drie aande se musiek-vertonings van Classics, Country en Afrikaans is Groot. Vliegkaartjie uitgesluit.
Agribonus is ’n lojaliteitskema in die landboubedryf waar produsente punte insamel. Laeveld Agrochem gee al jare lank hierdie punte en dit kan nou ook gebruik word as betaling vir die Son-Safari Landbouskou. Koop soos altyd deur jou LAC-agent of ondersteun enige van AgriBonus se deelnemende vennote en verdien punte sonder dat dit jou iets ekstra kos. Sien lys van waar om punte te verdien.
Kontak AgriBonus direk vir die punte-balans op jou rekening.
E: info@agribonus.co.za | T: 012 843 5660
Kontak Karen
T: 012 940 4398 | E: karen@laeveld.co.za
Ons wil net baie dankie sê vir die uitnodiging en geleentheid om die Seil-Safari Bootreis te kon beleef. Dit was vir ons ‘n groot voorreg en ‘n ongelooflike lekker ervaring en ons het dit baie baie geniet.
Alles was puik!!!!
Dra asseblief ook ons dankie oor aan die res van die Laeveld Agrochem-span.
Die terugvoer wat ek ontvang het was net positief, so baie geluk. Om so ‘n groot projek staan te maak was baie spesiaal. Ek is net regtig jammer dat nie meer agente dit bygewoon het nie. (Gelukkig het my seesiek-pille gewerk).
So dankie dat ek deel kon wees van die eerste Seil-Safari. Nogmaals baie geluk dit was puik!