Kook saam met

Bemeester die fyner kunsies van kosmaak saam met

Arina du Plessis en sjef Mooroogun Coopen.

Hierdie passievolle koskenners neem Son-Safari se gaste op ’n interaktiewe kulinêre reis – ’n viering van eilandkoskuns met ’n unieke Suid-Afrikaanse kinkel.

Daar is plek vir 30 gaste by elke kookklas. Die gaste sal in groepe van 5 verdeel word. Jy kan individueel bespreek of as ’n groep.

23 Junie 2026

Besprekings gesluit

13:00 - 14:00

26 Junie 2026

Besprekings gesluit

11:00 - 12:00

Son-Safari program

Dankie aan ons hoofborg, Syngenta. Met hul passie vir innovasie en hul verbintenis tot produsente se sukses, help hulle om die Son Safari-ervaring werklik voortreflik te maak.

Syngenta Boerekos Plaaskombuis is terug by Nampo-oesdag

Die Syngenta Boerekos Plaaskombuis se deure is weer oop by Nampo en vanjaar is ons selfs beter! Kom sit aan vir restaurantgeregte teen ’n fraksie van die prys – voorberei met net die beste vleis en pluimvee van ons vyf uitgesoekte kosvennote, ontwikkel deur Arina du Plessis, Boerekos-redakteur, en gemaak deur ’n bekwame span van die The Roots Academy-sjefakademie in Potchefstroom.

Alhoewel die ADAMA Gholfdag en Villa Padel Toernooi reeds vol bespreek is, is Son-Safari gaste welkom om op enige ander tyd gholf en padel te speel.

Bespreek gholf by die Shandrani Gimnasium of Klik hier

Bespreek padel by Shandrani ontvangs of Klik hier