Noodsaaklike reisdokumente:
- Geldige paspoort (Dit moet ten minste geldig wees tot op die datum van terugkeer na Suid-Afrika).
- Vliegtuigkaartjies
- Bewys van verblyf (Soos voorsien deur die Son-Safari-span die week voor die aanvang van die Son-Safari).
- Hollard-reisversekering (Soos voorsien deur die Son-Safari-span die week voor die aanvang van die Son-Safari).
- Mauritius-reisvorm (Voltooi binne vyf dae voor vertrek). Instruksies vir voltooiing sal op die Son-Safari WhatsApp-groep gedeel word.. Klik hier: https://safemauritius.govmu.org/
Reisdokumente en vereistes vir minderjariges:
- Geldige paspoort (Dit moet ten minste geldig wees tot op die datum van terugkeer na Suid-Afrika).
- Vliegtuigkaartjies
- Indien albei wettige ouers saam met die minderjarige reis:
’n Oorspronklike, onverkorte geboortesertifikaat (“unabridged”) of ’n gesertifiseerde afskrif daarvan. - Indien slegs een of geen ouer saamreis nie:
Ondersteunende dokumentasie soos vereis deur Suid-Afrikaanse immigrasieregulasies.
Klik hier vir die kontrolys: https://www.gov.za/faq/travel-tourism/what-are-requirements-travelling-children - Neem beide gedrukte en digitale afskrifte van alle dokumente saam.
Vir meer inligting, e-pos bespreek@sonsafari.co.za of skakel +27 82 565 3281.
Bagasie:
- SAA en Air Mauritius: 2 × 20 kg items per persoon (een mag ’n gholfsak wees).
- FlySafair: 1 × 20 kg item; ’n addisionele item teen R250 (vooraf aanlynbesprekings vir addisionele bagasie word vereis).
Handbagasie:
- Alle reisdokumente (Sien volledige lys hierbo)
- Selfoon en laaier
- Kragadapter (Mauritius gebruik tipe C- en G-proppe)
- Basiese toiletware (Let op die 100 ml vloeistofbeperking)
- Medikasie (met voorskrifte indien van toepassing)
- Ekstra klere en waardevolle items (in geval van bagasievertraging)
Algemeen:
Vervoer vanaf lughawe na hotel:
By aankoms in Mauritius sal daar duidelike aanwysings wees na die Son-Safari-busse wat gaste na die Shandrani Beachcomber-oord vervoer.
Ingesluit by die Son-Safari pakket:
Alle etes asook die “Minibar” in kamers.
Alle drankies (nie-premium) Klik hier vir meer inligting
Sekere watersporte en aktiwiteite. Klik hier vir meer inligting.
Langtermyn weervoorspelling:
- Temperatuur: ±22–25 °C bedags; 17–20 °C snags
- Reën: Kans op ligte, kort buie
- Wind: Ligte tot matige wind aan die suid- en ooskus (waar Shandrani geleë is)
Onthou om in tepak:
- Tema-geleenthede (netjies informeel):
- Bayer FLiPPER® Lekker Pool Party (eiland-tema)
- MBFi SONsak Sokkie
- Dagdrag: Informeel en gemaklik
- Aanddrag: Warm klere en/of baadjies vir buiteluggeleenthede
- Swemklere, sonbril en sonskerm
- Persoonlike toiletware
- Basiese medikasie (pleisters, pynstillers, antihistamiene, Stugeron/Valoid vir seesiekte)
- Waterdigte sakkie (vir bootuitstappies)
- Opsioneel: Waterskoene
Kan Suid-Afrikaanse bankkaarte gebruik word?
Ja.
Kan ek uitstappies vooraf bespreek?
Ja. Mautourco bied ’n wye verskeidenheid uitstappies en aktiwiteite aan.
Gaste kan:
- die Mautourco-toonbank by die hoofontvangsarea besoek, of
- hulle vooraf kontak:
Tel: +230 604 3000 | E-pos: info@mautourco.com | Webwerf: www.mautourco.com
Kan ek restaurantbesprekings vooraf doen?
Besprekings word by die volgende restaurante vereis:
Ponte Vecchio | Le Sirius | Le Boucanier | Teak Elephant | Serendipity
Geen bespreking nodig nie:
Le Grand Port Restaurant
Besprekings kan slegs in persoon gemaak word. Gaste kan hul besprekings by aankoms by Shandrani Guest Relations in die ontvangsarea bevestig.
Wat is die kleredrag vir restaurante?
- Bedags: Gemaklike kleredrag (geen swemdrag of moulose hemde nie).
- Saans: Netjiese informele drag.
- Netjiese kortbroeke word oral toegelaat
- Geen sportdrag, stranddrag of plakkies in restaurante of kroeë nie
- Geld vir gaste van 12 jaar en ouer
Watter kindersorgdienste is by die oord beskikbaar?
- Kids Club: Vir kinders van 3 tot 11 jaar met gekwalifiseerde personeel en ’n privaat tuin
- Petit Club: Vir kinders van 2 tot 3 jaar (teen ekstra koste; beperkte plek en voorwaardes geld)
- Kinderoppasdiens: Beskikbaar teen ekstra koste (Bespreek ten minste 24 uur vooraf)