Ekskuries en Aktiwiteite
Bespreek ekskuries by ontvangs, of by die La Pirogue boothuis, of direk by verskaffers.
Nie-gemotorisserde watersport by Sugar Beach/La Pirogue is ingesluit by die pakket.
Ander aktiwiteite en vervoerkostes is uitgesluit. Sien inligting onder – pryse mag verander op kort kennis.
Besprekings: +230 5 729 0901 / +230 5 727 6188, E-pos: resa@jph.mu
Besprekings: +23054224441, E-pos: marieangele.armand@mauzil.mu
See aktitwiteite
Swem saam met dolfyne, Catamaran, Wes-kus ontdekking, Boot braai, Visvang en meer.
Swem saam met dolfyne
Grootvis / Diepsee visvang
Catamaran Bootvaar
Landuitstappies
Rumproe, Teeproe, Golf, Inkopies, Staproetes, Perdry, 4×4 motorfiets, onder die see loop.
Mauritius is ‘n eiland in die suidwestelike Indiese Oseaan, omtrent 900 km oos van Madagaskar.
Alhoewel Engels die amptelike taal en ook handelstaal is, oorheers die Franse taal steeds die alledaagse taalgebruik en die mediabedryf. Die meeste koerante en televisieprogramme is in Frans. Die ekonomie is veral op suiker, toerisme, tekstiele, klere en finansiële dienste gebasseer.
Flic-en-Flac is ‘n kusdorpie in die westelike deel van die eiland van Mauritius en waar Sugar Beach-oord gelee is. Die openbare wit strand is een van die langste en mooiste op die eiland en sy strandmeer word beskerm deur die omliggende koraalriwwe. Die strand bied asemrowende uitsigte oor die Indiese Oseaan. wikipedia.org
Sien foto’s van Sugar Beach, die gholfbane en meer onder.