Die Son-Safari Landbouskou by Sugar Beach in Mauritius is vanaf 30 April tot 5 Mei 2022.
Die datum is onderhewig aan Covid-regulasies van Mauritius en Suid-Afrika.
Besprekingsvereistes
- Geldige paspoort. Moet geldig wees vir ses maande na die terugkeerdatum.
- Covid-19 inenting-sertifikaat.
- ‘n Negatiewe PCR Covid-19 toets slegs vir kinders onder 18 wat nie ingeent is nie.
- Unabridge geboortesertifikaat vir kinders onder 18.
- Geen visum nodig vir RSA burgers nie.
Kansellasies
- Indien die Landbouskou nie voortgaan nie a.g.v. Covid-19 regulasies van Suid-Afrika of Mauritius, kan gaste die bespreking skuif na die nuwe byeenkomsdatum sonder enige kostes of bybetaling, of ’n volle terugbetaling eis.
- Andersins geld gewone kansellasie-tydperke. Sien onder.
Sugar Beach-vakansieoord, Mauritius
- Sugar Beach is ’n vyfster-vakansieoord aan die westekant van Mauritius.
- Die hele oord word eksklusief vir Son-Safari-gaste bespreek.
- Die konferensie, aanbiedings, praatjies, uitstallings en vermaak, sal alles by die oord plaasvind.
- Twee aande se musiekproduksies sal plaasvind: Top Treffers- en Afrikaans is Groot-aande.
- Ander vermaak, soos watersport en visvang, sal deur die oord beskikbaar wees.
Bespreking
- Die konferensie is 5 nagte, maar besprekings kan vir langer as 5 nagte gemaak word, ons bied ook 7 nag opsies tydens aanlyn bespreking.
- Enige aantal dae voor of na die tyd is beskikbaar. Vir meer as 7 dae, kontak T: 060 458 8483 of E: bespreek@sonsafari.co.za.
- Betalings kan gemaak word deur lojaliteitspunte te gebruik. Daar is AgriBonus- en Son-Safari-punte of LAC Pitte. Beide kan vir die volle of ’n gedeeltelike betaling gebruik word. Hoe om punte en pitte te verdien.
Ingesluit by bespreking
Die 6 dag/5 nagte-pakket sluit in:
- Vyfster akkommodasie.
- Allesinsluitende pakket: etes en verversings by Sugar Beach oord en ook by La Pirogue die oord reg langs aan. All-inclusive Holiday (PDF).
- Allesinsluitende drankie pakket: ‘Cocktails’, plaaslike bier, koeldranke, koffie, tee. (nie premium drankies.) Drankies (PDF).
- Alle vermaak en ontspanning wat deur die oord aangebied word.
- Konferensie en sprekers.
- Motiveringsprekers.
- Uitstallings en skakel met landbouspesialiste.
- Skakel met glanspersoonlikhede.
- Musiekproduksies deur die Afrikaans is Groot-span.
- Watersport en ekskursies (paar om van te kies).
- Tamarina Gholfklub (Koste van R1,850). Landvervoer vir gholfspelers ingesluit, 14km weg.
- Ile aux Cerfs Gholfklub (Koste van R2,000). Retoerboot, middagete (optioneel) en koeldrank by Langer Bar ingesluit. Vervoer na/van die ‘jetty’ uitgesluit. 62km weg.
- Gratis Wi-Fi oral by die oord.
- Vervoer vanaf die lughawe na oord, retoer.
- Vlugte is uitgesluit, lees meer oor vlugte.
Covid-19 Regulasies
Op die stadium vereis Mauritius owerhede dat gaste (ouer as 18 jaar) ingeënt is teen Covid-19.
Gaste benodig vanaf 8 Maart 2022 nie meer ‘n PCR covid-toets om na Mauritius te reis nie. Maar alle gaste, kinders ingesluit, moet wel ’n geldige dokument vir ’n negatiewe Covid-19-toets verskaf met die terugkeer na Suid-Afrika, dit sal by die oord gedoen kan word. Kinders wat nie ingeent is nie, moet steeds ‘n negatiewe PCR-toets wys.
Gaste wat ingeënt is met Pfizer / Astra Zeneca (Covishield) / Astra Zeneca (Vaxzevria) / Covaxin / Moderna / Sinopharm / Sputnik / Sinovac (CoronaVac) benodig beide dosisse minstens 21 dae voor aankoms en Johnson & Johnson (J&J) 28 dae voor aankoms in Mauritius.
Indien die landbouskou gekanselleer word a.g.v. Covid-19 beperkings deur Suid-Afrika of Mauritius, sal gaste ten volle terugbetaling ontvang. Indien ’n gas self nie meer kan gaan nie a.g.v. ’n positiewe Covid-19 toets, kan die bespreking oorgedra word aan iemand anders, sonder enige ekstra kostes. (Naamsverandering op vliegkaartjies het gewoonlik wel addisionele kostes tot gevolg.)
Gaste wat nie wil inent nie, kan isoleer met aankoms in Mauritius. Kontak ons vir meer hieroor.
Kansellasievoorwaardes
Indien gaste die bespreking kanselleer, word kansellasiekoste gehef in ooreenstemming met die maksimum heffings opgelê. Gaste wat positief toets vir Covid-19 net voor die reis, kan die akkommodasie-bespreking oordra na iemand anders sonder enige kostes.
5 Maart 2022: 25% van die pakket prys
19 Maart 2022: 50% van die pakket prys
Van 1 April 2022: 100% van die pakket prys maar naamverandering sal gratis wees.
Let wel: Vliegkaartjies het wel ‘n koste vir ‘n naamsverandering indien dit toegelaat word. Sekere lugrederye sal net ‘n verandering aanbring indien daar bewyse is van ‘n positiewe Covid-19-toets. Elke lugredery het hul eie reëls, maak asb seker by jou gekose lugredery.
Program
Die week se program bevat, landbousprekers, uitstallings, motiveringsprekers, vermaak, skouerskuur met glanspersoonlikhede, ontspanning, kuier en baie meer. Lees meer hier.