Kry solank jou passport reg… en soek ’n swembroek!

Die Son-Safari Landbouskou - 22 tot 27 Junie in Mauritius!

Hierdie eksklusiewe landbou-ervaring beloof om nóg groter en indrukwekkender te wees, met toonaangewende sprekers, waardevolle netwerkgeleenthede en die nuutste landbou-insigte. Geniet vyf dae van innovasie, inspirasie en eersteklas ontspanning vir die hele gesin by die pragtige, stylvol-opgeknapte Shandrani Oord & Spa aan die tropiese eiland se asemrowende suidkus.

Maak gereed vir ’n ervaring wat landbou en leefstyl op ’n unieke manier saambring!

Beleef die nuut-opgeknapte Shandrani Beachcomber Resort & Spa – ’n tropiese juweel aan die suidkus van Mauritius, net vyf minute se ry vanaf die lughawe!

Met drie pragtige, strande en ’n verskeidenheid wêreldklas aktiwiteite, is daar iets vir elkeen: van snorkel in kristalhelder water en adrenalienbelaaide waterski, tot gholf, tennis en die nuutste padel-bane.

Ontspan in styl by die luukse spa, terwyl die jongspan hul eie avontuur beleef by die opwindende Kids Club. Hier ontmoet ontspanning, avontuur en eilandluuksheid mekaar vir ’n ervaring wat jy nooit sal vergeet nie!

Son-Safari vermaak

Geniet ’n wêreld van aktiwiteite by Shandrani

By Shandrani Beachcomber Resort & Spa wag daar iets vir elkeen – en nog meer.

Ontspan in luukse by die spa, of geniet verskeie wateraktiwiteite en eindelose seepret langs drie asemrowende strande. Met verskeie swembaddens, moderne padelbane en uitstekende gholfgeriewe bied elke dag ’n nuwe geleentheid om onvergeetlike herinneringe bou.

Akkommodasie-opsies by Shandrani

Vier kameropsies is beskikbaar. Lees meer oor elke opsie om te bepaal watter vlak die beste by verskillende behoeftes pas. Beskikbaarheid is beperk, en kamers word volgens beskikbaarheid toegeken soos besprekings ontvang word.

Vlak 1 akkommodasie
Tropical Room(First floor) & Tropical Room(Ground floor)
Vlak 2 akkommodasie
Deluxe Room (Ground floor) & Deluxe Room (First floor)
Vlak 3 akkommodasie
Bay or Beach facing room
Vlak 4 akkommodasie
2-bed Family Apartments (First & Ground floor)

Vlak 1 akkommodasie

Tropical Room & Deluxe Room 1st Floor 

Vlak 2 akkommodasie

Deluxe Room Ground floor & Rooftop Deluxe Room 

Vlak 3 akkommodasie

Bay or Beach facing

Vlak 4 akkommodasie

2-bed Family Apartments

Kom kyk na al die pret van

Son-Safari 2022

Kom kyk na al die pret van Son-Safari 2022