Die luukse vyfster Sugar Beach-vakansieoord het pragtige versorgde tuine en grens aan die kristalhelder oseaan met een van die mees skilderagtige strande op die eiland.
Kamers en Suites
here you can find the replica Rolex GMT-Master II watches at affordable prices.
What is the highest quality replica watch? Usually the high-quality replica watch strap is made of 904L stainless steel, the movement is made of Swiss movement, and the glass mirror is made of sapphire. For more details, please click perfectwatches1.sr !
Best fake Patek Philippe online store for men and women fakepatekphilippe.com sells high quality AAA+ 1:1 replica watches online.
Hot best Replica Watches UK for men and women are available on this web.
Sugar Beach bied luukse en-suite kamers. Elke kamers het ’n private balkon met ’n pragtige uitsig oor die asemrowende tuin of die oseaan. Die grondvloereenhede het gemeubileerde private stoep areas. Kinders onder 18 het verlaagte tariewe en kinders onder 6 se akkommodasie is gratis.
Die Landbouskou is 5 nagte. Opsies vir ‘n 5 of ‘n 7 nag akkommodasie-pakket word aangebied. Meer nagte is ook beskikbaar. Kontak Expertly Mauritius: 064 964 0714 / bespreek@sonsafari.co.za.
Akkommodasie-pakket sluit in: konferensie, alle sprekers, musiekaande, vermaak, drankies (nie-premium), sekere watersporte, onbeperkte gholf en meer. Sien volledige lys.
*Foto’s is vir algemene voorlegging en die uitleg en dekor mag verskil.
Kamers is toegerus met:
- Lugversorging.
- Fasiliteite om tee en koffie te maak.
- Gratis Wi-Fi.
- Mini-kroeg (Gratis koeldranke).
- 40″ LCD platskerm TV-stelsel.
- Elektroniese kluise.
- Badkamergeriewe, pantoffels, kamerjas, haardroër, elektriese skeerpunte.
- Baddens (slegs in premium kamers).
- Telefoon met direkte internasionale skakeltoon.
- Lessenaar met ’n kragproppunte en USB-poorte.
- NB: Bring eie internasionale skakelprop vir ‘n RSA 3-punt.
1. ‘DELUXE’ KAMER
Kamers is geleë op die grond- of die eerste vloer van die ikoniese Manor House wat uitkyk op die welige tuine. Die kamer sluit ’n ruim private balkon of ’n stoep in, met ’n keuse tussen twee enkelbeddens of koninggrootte-bed.
Kamergrootte: 40m²
Gaste per kamer: 3 volwassenes OF 2 volwassenes en 1 kind
Prys is per persoon wat deel. Allesinsluitende pakket en reisversekering ingesluit.
Twee volwassenes: 380,000 punte pp of R22,645 pp
Derde volwassene: 380,000 punte of R22,645
Kind 6 tot onder 18jr: 109,000 punte of R6,480
Kind onder 6jr: 10,900 punte of R650
2. ‘DELUXE SEA VIEW’ KAMER
Luukse Kreoolse-styl Villa-huise met ‘n see-uitsig. ’n Keuse tussen twee enkelbeddens of koninggrootte-bed. Kan volwassenes en kinders wat deel akkommodeer.
Kamergrootte: 40m²
Gaste per kamer: 3 volwassenes OF 2 volwassenes en 1 kind
Prys is per persoon wat deel. Allesinsluitende pakket en reisversekering ingesluit.
Twee volwassenes: 425,000 punte pp of R25,406 pp
Derde volwassene: 415,000 punte of R24,808
Kind 6 tot onder 18jr: 109,000 punte of R6,480
Kind onder 6jr: 10,900 punte of R650
3. ‘PREMIUM SEA VIEW’ KAMER
Luukse Kreoolse-styl Villa-huise met ‘n see-uitsig, kan volwassenes en kinders wat deel akkommodeer. Elegante kamers op die grondvloer word omring deur tropiese tuine, met ’n see-uitsig en private ’n stoep area. Die kamers met ’n koninggrootte-bed bied stort- en badgriewe. Die kamers met koningingrootte-beddens bied stortgeriewe. Babawiegies en aansluitende kamers is op versoek beskikbaar.
Kamergrootte: 50m²
Gaste per kamer: 2 volwassenes OF 3 volwassenes OF 2 volwassenes en 2 kinders
Rolstoelvriendelik met stort.
Prys is per persoon wat deel. Allesinsluitende pakket en reisversekering ingesluit.
Twee volwassenes: 463,500 punte pp of R27,764 pp
Derde volwassene: 415,000 punte of R24,808
Kind 6 tot onder 18jr: 109,000 punte of R6,480
Kind onder 6jr: 10,900 punte of R650
4. ‘DELUXE BEACH FRONT’ KAMER
Luukse Kreoolse-styl Villa-huise met ’n keuse tussen twee enkelbeddens of koninggrootte-bed, wat volwassenes en kinders wat deel kan akkommodeer. Toegang tot die strand met ’n asemrowende see-uitsig. Hierdie elegante kamers is op die eerste vloer en sluit ’n private balkon in en bied stort geriewe. Babawiegies op aanvraag beskikbaar.
Kamergrootte: 40m²
Gaste per kamer: 2 volwassenes OF 3 volwassenes OF 2 volwassenes en 1 kind
Prys is per persoon wat deel. Allesinsluitende pakket en reisversekering ingesluit.
Twee volwassenes: 530,200 punte pp of R31,755 pp
Derde volwassene: 415,000 punte of R24,808
Kind 6 tot onder 18jr: 109,000 punte of R6,480
Kind onder 6jr: 10,900 punte of R650
5. ‘PREMIUM BEACH FRONT’ KAMER
Luukse Kreoolse-styl Villa-huise met ’n keuse tussen twee enkelbeddens of koninggrootte-bed, wat volwassenes en kinders wat deel kan akkommodeer. Direkte toegang tot die strand en ’n asemrowende see-uitsig. Hierdie elegante kamers is op die grondvloer en sluit ’n private balkon in. Die kamers met ’n koninggrootte-bed bied stort- en badgeriewe. Die grondvloer kamers met koningingrootte-beddens bied slegs stortgeriewe. Babawiegies en aansluitende kamers is op versoek beskikbaar.
Kamergrootte: 50m²
Gaste per kamer: 2 volwassenes OF 3 volwassenes OF 2 volwassenes en 2 kinders
Prys is per persoon wat deel. Allesinsluitende pakket en reisversekering ingesluit.
Twee volwassenes: 587,500 punte pp of R35,182 pp
Derde volwassene: 415,000 punte of R24,808
Kind 6 tot onder 18jr: 109,000 punte of R6,480
Kind onder 6jr: 10,900 punte of R650
6. ‘PREMIUM’ SUITE
Luukse grondvloer-suites met ’n koningsgrootte-bed en dubbel slaapbank in die sitkamer, wat kan uitvou in twee enkelbeddens vir kinders. Hierdie suites bestaan uit ’n slaapkamer en badkamergeriewe met ’n afsonderlike stort en ’n losstaande bad. Die sitkamer kan omskep word in ’n kinderkamer met ’n slaapbank en twee sitkamerstoele. Hierdie kamers het ’n tuin- of see-uitsig, asook ’n ruim private stoep area. Dit is in die afsonderlike luukse Kreoolse-styl Villa-huise geleë.
Kamergrootte: 100m²
Gaste per kamer: 2 volwassenes OF 2 volwassenes en 2 kinders
Prys is per persoon wat deel. Allesinsluitende pakket en reisversekering ingesluit.
Twee volwassenes: 711,000 punte pp of R42,586 pp
Kind 6 tot onder 18jr: 109,000 punte of R6,480
Kind onder 6jr: 10,900 punte of R650
7. ‘EXECUTIVE BEACH FRONT’ SUITE
Elegante premium grondvloer-suites met direkte toegang tot die strand. Hierdie suites bestaan uit een slaapkamer met ’n koninggrootte-bed en ’n sitkamer, ’n instapklerekas en ’n groot badkamer wat ’n stort- en badgeriewe bied. Asook ’n LCD platskerm IP-televisiestel. Hierdie kamers het ’n asemrowende see-uitsig en ’n ruim private stoep area. Daar kan plek gemaak word vir een kind in die sitkamer.
Kamergrootte: 100m²
Gaste per kamer: 2 volwassenes en 1 kind
UITVERKOOP
Kansellasievoorwaardes
Indien gaste die bespreking kanselleer, word kansellasiekoste gehef in ooreenstemming met die maksimum heffings opgelê. Gaste wat positief toets vir Covid-19 net voor die reis, kan die akkommodasie-bespreking oordra na iemand anders sonder enige kostes.
Kansellasiekoste voor 5 Maart 2022: 25% van die pakketprys
Kansellasiekoste voor 19 Maart 2022: 50% van die pakketprys
Van 1 April 2022: 100% van die pakketprys. (‘n Naamverandering sal gratis wees).
Let wel: Vliegkaartjies het wel ‘n koste vir ‘n naamsverandering indien dit toegelaat word. Sekere lugrederye sal net ‘n verandering aanbring indien daar bewyse is van ‘n positiewe Covid-19-toets. Elke lugredery het hul eie reëls, maak asb seker by jou gekose lugredery.