Die koste van ‘n bespreking vir die Son-Safari Landbouskou, is vanaf 380,000 punte per persoon, alles ingesluit, maar vliegkaartjie uitgesluit.
Meeste produsente sal reeds klomp punte hê wat gebruik kan word vir betaling vir jou reis! Kontak AgriBonus vir meer inligting.
Voorwaardes: Die Son-Safari-punte/pitte kan slegs vir die Son-Safari Landbouskou gebruik word, is nie verhandelbaar, of omruilbaar vir kontant nie. Die Son-Safari-punte verval indien dit nie gebruik word teen 28 Februarie. Die punte/pitte bedrag en hoeveelheid aangebied hieronder kan enige tyd opgedateer en verander word.
Hoe om punte te verdien
Son-Safari-punte
AgriBonus is ’n lojaliteitskema in die landboubedryf waar produsente punte insamel. Laeveld Agrochem gee al jare lank hierdie punte en dit kan nou ook gebruik word as betaling vir die Son-Safari Landbouskou. Koop soos altyd deur jou LAC-agent of ondersteun enige van AgriBonus se deelnemende vennote en verdien punte sonder dat dit jou iets ekstra kos.
Son-Safari-punte is spesifiek vir hierdie spesiale byeenkoms en kan gebruik word vir betaling vir die Akkommodasie-pakket of vir vlugte. Gewone AgriBonus-punte kan omgeskakel word na Son-Safari-punte, maar nie andersom nie.
Kontak AgriBonus direk vir die punte-balans op jou rekening en om punte om te skakel na ‘n koeponkode vir betaling teen jou bespreking.
T: 012 843 5660 | Chené – chene@agribonus.co.za / Marlene – marlene@mybonus.co.za.
Vennoot |
Beskrywing |
Punte |
Kontak |
---|---|---|---|
Laeveld Agrochem | AgriBonus-punte beskikbaar op enige van Laeveld Agrochem se produkte en dienste aangebied. | Gewone punte. | AgriBonus: 012 843 5660. Punte word outomaties deur AB geallokeer. |
Laeveld Agrochem | Plus ekstra punte vir Son-Safari op alle gewone aankope. | Vyf-voudig die gewone punte addisioneel vir Son-Safari-punte. | AgriBonus: 012 843 5660. Punte word outomaties deur AB geallokeer. |
Agri Technovation | AgriBonus-punte beskikbaar op enige van Agri Technovation se se produkte en dienste aangebied deur Laeveld Agrochem. | Punte op alle produkte en dienste. | AgriBonus: 012 843 5660. Punte word outomaties deur AB geallokeer. |
AgriBonus | Ondersteun enige ander van AgriBonus se deelnemende vennote en verdien punte: Toyota SA, Zoetis, De Heus en LMI. | Verskeie vennote. www.agribonus.co.za | AgriBonus: 012 843 5660. Punte word outomaties deur AB geallokeer. |
Toyota | Koop ‘n Toyota bakkie of enige Toyota voertuig en verdien hope punte. | Groot hoeveelheid punte. Vir navrae kontak AgriBonus. | Stuur die Toyota handelaarsfaktuur aan AgriBonus om punte te allokkeer. info@agribonus.co.za |
LAC Pitte
Kontak Jeanette Nel om punte om te skakel na ‘n koeponkode vir betaling teen jou bespreking.
T: 012 940 4398 | E: jnel@laeveld.co.za
Vennoot |
Beskrywing |
Pitte/Punte |
Kontak |
---|---|---|---|
Tax Recoveries |
Verdien punte deur hierdie gratis ‘reviews’ te laat doen. Lees meer hier. – VAT review – ETI review – Equity & Skills grants – Company Tax diagnostic – Diesel review www.taxrecoveries.co.za |
Verdien 25,000 punte vir elke review gedoen. Plus 42,000 ekstra punte as al vyf reviews gedoen word. ‘n Totaal van 167,000 punte |
Stuur ‘n navraag aan: Leilani 012 993 9500, leilani.vermaak@taxrecoveries.co.za Verwysing: Son-Safari. |
FMSolutions |
Bestuur jou diesel en vergemaklik jou belasting rabat eis vanaf SARS met ‘n FMS installasie. Lees meer: www.fmssolutions.co.za | 100,000 punte per FMS eenheid geïnstalleer |
Kontak Lourens 074 587 9173. Verwysing: Son-Safari. |
Genesis Nutrition Meals |
Maak ‘n donasie van R20,000 en skenk so Genesis maaltye vir ‘n organisasie van jou keuse. Kan belastingsertifikaat ontvang. www.genesisnutrition.co.za | 33,400 punte | Kontak Jeanette by info@laeveld.co.za Verwysing: Son-Safari/Genesis. |