Algemene vrae en antwoorde – View in English
—————-
1. Reisdokumente en besprekingsvorm
UK Best cheap replica watches.
Looking for top quality replica Omega watches from the UK? Join us at replicaomega.io and we’ll explore the best options.
East Replica Watches offer quality designer replica watches,including imitation Rolex replica watches,Omega and Breitling replica watches to its valuable clients.
Bring jou paspoort, vliegkaartjie, reisversekering, hotel besprekingsvorm en Covid inentingsertifikaat saam. Onthou die kinders se “unabridge certificate”. Lees meer hier: Son-Safari Check-lys
2. Covid inligting
Gaste ouer as 18 moet ten volle ingeënt wees teen Covid-19. Dit beteken 1 inspuiting met J&J (30 dae voor vertrek) of 2 met inspuitings met Pfizer of ander(14 dae voor vertrek). Dit is nie ‘n vereiste om die “booster” inspuiting al te gehad het nie. Volwassenes en kinders benodig nie ‘n Covid PCR-toets na Mauritius toe nie. Kry jou inenting-sertifkaat aanlyn.
Met aankoms by die oord sal elke persoon wel ’n gratis Covid antigen-toets (PCR) ondergaan. Dit is maar Mauritius wetgewing en ter beskerming van die hotel se personeel, maar ook tot elkeen van julle wat gesond is se beskerming. Vir hierdie rede, wees asb. ekstra versigtig die laaste paar dae voor vertrek en volg alle Covid voorsorgmaatreëls. Volgens wet in Mauritius mag hotelgaste hul masker verwyder wanneer hulle op die strand, by die swembad of by ‘n restaurant of kroeg is. Lees meer: Covid Vereistes (PDF)
NB!!! Kinders van 5 jaar en ouer wat nie ingeënt is nie, benodig ‘n Covid PCR-toets om terug te keer na Suid–Afrika. Dit kan by die oord gedoen word, binne 72 uur van wanneer die vlug vertrek. Bespreek dit asb. by ontvangs vroegtydig.
3. Lughawe, vervoer na oord
Met aankoms in Mauritius, sal daar aanwysings wees vir die “shuttle” bussies wat na Sugar Beach-oord en La Pirogue-oord sal vertrek. Die reistyd is +/- 60min.
4. Program en Programboek
Daar is ‘n volledige programboek, dit bevat die week se program, spreker- en tema-inligting, asook vermaak, kunstenaars, uitstallings en meer. Sien ook dagprogram hier.
5. WhatsAPP
Gaste word op ‘n WhatsApp broadcast-groep geplaas volgens vlugte, inligting sal selektief deurstuur word.
6. Geld-eenheid
Die geld-eenheid is die Mauritian Rupee en die wisselkoers is +/- R1 vir MUR2,9. Dit word ook as Rs 2,9 aagedui. Kredietkaarte word ook aanvaar.
By die Oord
1. Akkommodasie
Alle kamers het lugverkoeling, ‘n badkamer met toilet en stort, TV, telefoon, Wi-Fi internet konneksie, mini yskas en ‘n kluis.
Kamers ook toegerus met ‘n haardroër, handdoeke, sowel as swemhanddoeke.
2. All-inclusive pakket
Die All-inclusive-pakket is geldig by by Sugar Beach en by La Pirogue.
Alle etes en verversings is ingesluit. Let wel, by die Buddha Bar se restaurant is nie alle geregte ingesluit nie.
Alle drankies (nie-premium) is ingesluit.
Drankiepakket is geldig van 11:00 tot 24:00. Koffie, tee en sap is ingesluit by die oggend buffet en konferensie.
Sekere items in die yskassie in jou kamer is ook deel van die all-inclusive pakket, en word een keer per dag hervul. Sien die pryslys in die kamer vir meer inligting.
3. Internet
Wi-fi is ingesluit en is beskikbaar in die kamers en meeste areas, volg die instruksies daarvoor. Indien nodig is daar nog hoër-spoed internet beskikbaar by die raadsaal teen ‘n fooi, navrae by ontvangs.
4. Elektroniese-toerusting
Die Suid-Afrikaanse 3-punt prop sal ‘n Europese 2 punt ronde ‘adapter’ benodig.
5. Eiland tema-aand
Sondagaand is tema-aand! Dink mooi rokkies, helder hemde, blomme, serpe of enige iets vroliks.
6. Kleredrag
Dit is eiland gemaklik. Die drag is informeel, maar aandetes dalk so bietjie netjieser. Kortbroeke steeds welkom. Dit is lekker warm hier in Mauritius, pak dalk net een dun truitjie/reën baadjie.
7. Konferesie
Gaste kan enige aanbieding / sessie bywoon.
Besprekings is wel nodig vir: MBFI Amazing Reis, en se Syngenta Kookpret. Sien die programboek vir meer inligting.
8. Ekskursies
Daar is baie ekskursies by die oord om van te kies. Gaste kan direk bespreek by die agente daarvoor. Vervoer is nie altyd ingesluit nie. Vir die volledige lys, pryse en kontakbesonderhede, besoek www. sonsafari.co.za/ekskursies. Daar is ook sekere watersporte en aktiwiteite wat ingesluit is in die all-inclusive-pakket.
9. Gholf
Gholf-fooie is ingesluit by die all-inclusive pakket, maar vervoer is uitgesluit. Gaste moet steeds vooraf bespreek by die verskillende bane asb. Gholfstokke kan gehuur word by die bane en moet ook vooraf bespreek word. Ile Aux Cerfs Gold Club is +/- 90min weg, en Tamarin Golf Club is 15min weg.
Vervoer kan by die Ekskursie toeragente bespreek word, en gholf direk by die bane.
10. Rekeninge en Tips/Fooitjies
Vir elke drankie-bestelling is daar steeds ‘n rekening wat geteken moet word, al is die bestelling ingesluit in die all-inclusive-pakket. Daar word nie ‘n tip verwag nie, maar jy kan dit hier byskryf (vir persooneel om te deel) of dit in kontant gee.