Goeie nuus: Son-Safari gaan voort!


Die Landbouskou van 30 April tot 5 Mei 2022 plaasvind, gaan steeds voluit voort.

Die onlangse gebeure het nie ’n invloed daarop nie. Inteendeel, die onsekerheid wat tans geadresseer word, saam met ons president se pleidooi om nie grense te sluit nie, asook die hernude beroep op almal om ingeënt te word, verseker dat die  kans vir enige toekomstige beperkings, minimaal is.

Die geleentheid gaan fenomenaal wees, en is ’n welverdiende blaaskans na ’n paar moeilike maande vir ons almal.

Tans laat Mauritius nie gaste vanaf Suid-Afrika tot en met 31 Desember 2021 toe nie. (Bron: Mauritius Tourism press release 26 Nov. 2021). Dit plaas wel verdere druk op akkommodasie en vlugte vir ons landbouskou, want baie van hierdie besprekings word nou vorentoe geskuif. Kamers met goeie liggings en seeuitsig word vinnig minder, maak dus jou bespreking so gou moontlik. Jy kan steeds aanhou lojaliteitspunte verdien tot einde Februarie 2022 om daarmee te betaal vir jou bespreking.

In die onwaarskynlike geval dat Son-Safari uitgestel moet word a.g.v. Covid-beperkings, kan gaste ’n volledige terugbetaling van die akkommodasie-pakket eis of bloot hulle bespreking na die nuwe datum skuif teen dieselfde prys as waarvoor vanjaar daarvoor betaal is.

Julle kan dus steeds met volkome gemoedsrus bespreek.

www.sonsafari.co.za/bespreek 

Aanlyn- of telefoonbesprekings kan gemaak word.

BESPREEK NOU  |  T:  060 458 8483