Hoekom juis Mauritius?
Die Seil-Safari op die MSC-bote is na die Son-Safari in Mauritius verander omdat daar net te veel risiko’s en reputasieskade kan ontstaan as ons ʼn lekker funksie in ʼn beperkte spasie soos dié van ʼn boot hou.
Daarom is ons keuse Mauritius – te ver om te swem, maar te naby (ʼn gemaklike vier ure se vlieg) om voor nee te sê. Belangrik is dat dit ver genoeg is van jou daaglikse probleme, onderbrekings en afleidings. So jy kan ontspan, in die mooiste omgewing met oorgenoeg vars lug waar enige virus maar moeilik vastrapplek sal kry.
Sekere tye in ʼn mens se lewe kan nie in rand en sent gemeet word nie, hoewel jy natuurlik ook nie spandabelrig wil lewe nie. Weens hierdie rede het ons al sedert die afskop van Son-Safari meer as ʼn jaar gelede, genoeg planne in plek gekry sodat dit enigeen wat wil kom saamkuier en leer, die minimum geld uit die sak sal jaag. So nou kan jy vir die Son-Safari Landbouskou met lojaliteitspunte betaal!
Hier praat ons darem van ʼn vyfsterhotel met onbeperkte vyfsterkos, soveel drankies as wat jy kan hanteer, wêreldklas sprekers en vermaak uit die boonste rakke. Nêrens anders sal jy ooit op een slag met so baie kunstenaars en sprekers ’n eiland kan deel nie.
As maatskappy, moet Laeveld Agrochem natuurlik aanhou om goeie en gesonde besigheid te doen. Hoewel hierdie geleentheid ook ons 30-jarige viering is en daarop gemik is om dankie te sê aan almal wat al dekades lank die pad saam met ons stap, wil ons natuurlik ook ons besigheid laat groei.
Daarom is die uitnodiging eenvoudig
Ondersteun Laeveld Agrochem en Agri Technovation bloot daar waar ons dienste en produkte vir jou sin maak, en so ook die ander deelnemende AgriBonus-vennote soos Toyota en Zoetis. Kyk of SARS jou geld skuld deur Tax Recoveries se gratis diens te gebruik, en jy het klaar 50% van een persoon se kostes in lojaliteitspunte. Lees meer: By Verdien punte.
Bespreek nou jou kaartjies, en verdien deurlopend punte wat gebruik kan word vir betaling van jou reis. Daar is meer as genoeg geleenthede tussen nou en 28 Februarie (in die piekseisoen) om al jou kostes te dek.
Musiek, motiveringsprekers en vermaak
Die konferensie word gekomplementeer met vermaak en ontspanning vir die hele gesin. Gaste kan gereed maak vir twee aande se puik musiekproduksies met Top Treffers- en Afrikaans is Groot-aande.
Die program sluit ook ander vermaak en uitstekende motivering-sprekers soos Lynette Beer in, terwyl daar tussendeur ’n geleentheid is om met glanspersoonlikhede skouers te skuur.
Betaal met lojaliteitspunte
Dit hoef jou amper niks te kos nie. Gebruik AgriBonus-punte of LAC Pitte vir betaling vir die pakket of vlugte. Gewone AgriBonus-punte kan omgeskakel word na Son-Safari-punte, maar nie andersom nie.
Son-Safari-punte en LAC Pitte word deur verskeie deelnemende vennote addisioneel aangebied en kan slegs vir die Son-Safari Landbouskou gebruik word.
Akkommodasie pakkette
Sugar Beach bied luukse en-suite kamers. Akkommodasie-pakket sluit in: konferensie, alle sprekers, musiekaande, vermaak, drankies (nie-premium), sekere watersporte, onbeperkte gholf en meer.