Kom deel in hierdie besonderse belewenis van kennis opdoen en netwerke bou terwyl jy saam met jou gesin, vriende en kollegas batterye herlaai op dié idilliese tropiese eiland. Die vyfster Sugar Beach-vakansieoord in Mauritius word eksklusief gereserveer vir Son-Safari-gaste, en met ’n pakket wat alles insluit, is dit ‘n geleentheid wat jy nie moet misloop nie.

Landbouskou en uitstallings

Top landbousprekers gaan die nuutse tegnologie en verwikkelinge in die industrie bespreek, met sprekers soos o.a. Theo Vorster, bekende landboukenner en Dr. Todd Cardwell, landbouspesialis vanuit die VSA. Agri Technovation gaan die nuutste kennis oor presisiedienste deel. Kom luister en maak planne saam met Suid-Afrika se mees suksesvolle boere.

’n Spesiale dag net vir uitstallings met die nuutste tegnologie, produkte, innovasie, alles relevant tot landbou, word gehou.

Musiek, motiveringsprekers en vermaak

Die konferensie word gekomplementeer met vermaak en ontspanning vir die hele gesin. Gaste kan gereed maak vir twee aande se puik musiekproduksies met Top Treffers- en Afrikaans is Groot-aande.

Die program sluit ook ander vermaak en uitstekende motivering-sprekers soos Lynette Beer in, terwyl daar tussendeur ’n geleentheid is om met glanspersoonlikhede skouers te skuur.

Sugar Beach & Akkommodasie

Die vyfster Sugar Beach vakansieoord word eksklusief gereserveer vir Son-Safari en met ‘n allesinsluitende pakket is daar nie verskuilde kostes nie.

Kostes is vanaf R22,600 per persoon wat deel en sluit baie ekstras in soos:

  • Vyfster akkommodasie.
  • Allesinsluitende pakket vir aktiwiteite en vermaak.
  • Allesinsluitende drankie-pakket (nie premium).
  • Alle etes en verversings by die oord.
  • Vervoer vanaf die lughawe na oord, retoer.
  • Konferensie en sprekers.
  • Motiveringsprekers.
  • Uitstallings en skakel met landbouspesialiste.
  • Skakel met glanspersoonlikhede.
  • Twee groot aande Afrikaans is Groot-musiekproduksies.
  • Watersport en ekskursies (paar om van te kies).
  • Onbeperkte gholf by twee verskillende bane.
  • Gratis Wi-Fi.

Vliegkaartjies uitgesluit.
Meer inligting, foto’s en akkommodasie opsies >

Betaal met lojaliteitspunte

Dit hoef jou amper niks te kos nie. Gebruik AgriBonus-punte of LAC Pitte vir betaling vir die pakket of vlugte. Gewone AgriBonus-punte kan omgeskakel word na Son-Safari-punte, maar nie andersom nie.

Son-Safari-punte en LAC Pitte word deur verskeie deelnemende vennote addisioneel aangebied en kan slegs  vir die Son-Safari Landbouskou gebruik word.

Hoe om punte te verdien >

Covid-19

Die Landbouskou datum is onderhewig aan Covid-regulasies van Mauritius en Suid-Afrika. Indien die skou nie voortgaan nie, kan gaste ’n terugbetaling eis.

Mauritius owerhede vereis dat gaste (ouer as 18 jaar) ingeënt is teen Covid-19. Alle gaste, kinders ingesluit, moet ook ’n geldige dokument vir ’n negatiewe Covid-19-toets verskaf, wat binne 72 ure vanaf hul aankoms in Mauritius gedoen is. Lees meer >